Get Adobe Flash player

Home 0Weather 0Distance 0Street 0List 0

Main Menu

Montagu Dried Fruit & Nuts

thumb_00Montagu Dried Fruit & Nuts is al sedert 1991 bedrywig en het op 25 Mei 2009 hul deure by Preller Plein Square geopen waar Hannelie Augustyn mense met haar puik diens en nog beter produkte bedien. Die vraag na Montagu produkte het so toegeneem sedert hul ontstaan in Bloemfontein dat hulle nog ‘n tak geopen het by die Southern Centre in Fichardtpark waar Stephan Crous in beheer is.

Montagu is nie net gewild in Bloemfontein nie, maar is een van die grootste droeëvrugte groothandelaars in Afrika. Tans voorsien hul 35% van alle droë vrugte in Suid-Afrika.

Produkte wat te koop aangebied word by Montagu is boomvrugte, appelkose, perskes, pere, neute, sade, olywe, konfyte en chutneys. Hul bied ook appels aan wat self by hul fabriek in Montagu gedroog word.

Montagu het ook onlangs sy dranklisensie ontvang en bied nou ook te koop, Montagu Muskadel.

Deur hul voorraad elke week aan te vul sorg Hannelie dat haar gehalte gehandhaaf word sowel as hulle verskeidenheid produkte altyd beskikbaar is.

13
Kliek om te vergroot

Montagu het sedert sy ontstaan 19 jaar gelede met sy produkte ‘n hoë standaard gehandhaaf en dra steeds sy Suid-Afrikaanse kliënte se belange op die hart. Al word baie van hul produkte uitgevoer is die Suid-Afrikaanse mark en sy mense sy mees belangrikste bate.

In meeste gevalle word alle Montagu produkte regdeur die jaar verkoop danksy die bestuur se vooruitbeplanning.

Montagu oortref telkemale die minimum vereistes van die GMP (Good Manufacturing Practice) wetgewing. Wees dus verseker van produkte van hoogstaande gehalte.

Wanneer jy dus weer in die omgewing is gaan maak gerus ‘n draai by Hannelie en vergewis jouself van wat hulle jou alles aanbied.

 

Rousseau Swart (Bloem Village)


Prellerplein Tak

Southern Centre Tak